DIE SON – KINGS HET NOU DIEPTE

By
Updated: July 6, 2017

Deur: Werner Wippenaar

DIE verskil dié seisoen by die Southern Kings is dat hulle diepte in hul Superrugby-groep het.

En selfs as Deon Davids, die Kings se afrigter, nie Saterdag sy ster-slot, Wilhelm van der Sluys, tot sy beskikking het nie, sal dit nie ’n groot verskil op Loftus teen die Bulls maak nie.

Van der Sluys sukkel met harsingskudding nadat hy Saterdag teen die Jaguares in Argentinië ’n harde stamp teen die kop gekry het.

Teen die Jaguares was dit juis die plaasvervangers wat ’n groot rol gespeel het in die oorwinning met 31-30 oor die span van Argentinië.

Veral die slot Giant Mtyanda het sy kant gebring.

Die sterk en kragtige speler het nog net ’n handjievol wedstryde gespeel en het meestal van die bank opgedraf.

Hy kon egter nét so maklik in Davids se beginspan gewees het.

Die flank Thembelani Bholi het ’n bietjie van ’n op-en-af-seisoen beleef, maar teen die Jaguares het hy weer gewys waarom hy in die Superrugby-groep is.

Bholi en Mtyanda kan belangrike spelers vir die Ja­guares teen die Bulls wees.

Loftus Versfeld kan egter ’n baie intimiderende sta­dion vir die Kings wees.

In Buenos Aires het dié spelers egter gewys dat hulle hul man kan staan.

Die span het natuurlik ook die ervaring van sy kaptein, Lionel Cronjé, om op staat te maak in die Loftus-atmosfeer.

Die seepgladde Malcolm Jaer is die ander speler wat veral onder druk van sy beste spel lewer. Om te dink hy was amper ses weke